3de Party, Brand en Diefstal Versekering

(Beperkte Dekking)

 

Met hierdie opsie kry jy beperkte dekking in vergelyking met omvattende versekering, maar bespaar jy op jou maandelikse premie a.g.v. die laer risiko vir die versekeraar.

Beperkte motorversekering bied dekking vir 3de party, brand, diefstal en kaping.

Let Wel: Indien jou voertuig gefinansier word, is jy kontraktueel daartoe verbind om jou motor omvattend te verseker vir die volle termyn van die ooreenkoms.

Dekking Sluit In Verlies Of Skade Veroorsaak Deur

– Skade aan ‘n derde party se voertuig

– Brand

– Diefstal

– Kaping