Voltooi Die Vorm

 

Ons Skakel Jou

 

Kry Jou Kwotasies

 

Motorversekering Dekking

 

Wanneer jy jou motor verseker, is daar hoofsaaklik 3 dekkingsopsies om van te kies:

a)  Omvattende Dekking

b)  3de Party, Brand en Diefstal Dekking, asook

c)  Slegs 3de Party Dekking

Indien jou voertuig gefinansier word, moet dit omvattend verseker word vir die duur van die ooreenkoms.

Omvattende Motorversekering

Bied dekking teen gevare soos brand, diefstal, kaping, ongelukskade, haelskade en aanspreeklikheid teenoor derde partye.

3de Party, Brand & Diefstal

Bied dekking teen gevare soos brand, diefstal, en aanspreeklikheid teenoor derde partye, maar sluit dekking vir eie skade uit.

Slegs 3de Party

Bied slegs dekking vir aanspreeklikheid teenoor derde partye.

 

Opsionele Dekking

Die volgende dekking word normaalweg nie as standaard dekking ingesluit op motorversekering polisse nie.

Krediettekort

Dek die verskil tussen die aflosbedrag en die markwaarde van die voertuig ten tye van totale verlies (bv. afskrywing of diefstal).

Motorhuur

Verskaf ‘n huurmotor terwyl gewag word op herstelwerk na ‘n ongeluk, motor diefstal of kaping.  Die huurmotor sal gereël word deur die versekeraar nadat ‘n geldige eis ontvang is.  Die maksimum huurtydperk per eis behoort aangedui te word in die polisbewoording of op die skedule.

Padbystanddiens

Verskaf dekking na ‘n meganiese of elektriese brekasie, bv. sleutelmakers, bystand met ‘n pap wiel of battery, nood brandstof ens.