Vergelyk Motorversekering

 

Voltooi die kwotasie vorm indien jy motorversekering kwotasies wil vergelyk van top Suid-Afrikaanse versekeraars.  Jy kan ook huisinhoud, geboue, sleepwaens of karavane, motorfietse, watervaartuie en alle risiko items byvoeg.

Hoe Om Kwotasies Te Vergelyk

Wanneer jy motorversekering kwotasies vergelyk van verskillende versekeraars en makelaars, maak seker dat jy meer as net die maandpremie vergelyk.

Vergelyk ook die volgende:

– Bybetalings (Die eerste bedrag betaalbaar ten tye van ‘n eis).  Meer as een bybetaling kan betaalbaar wees per eis en is dan kumulatief.

– Versekerde bedrag (Waarvoor die voertuig verseker is – markwaarde of herverkoopwaarde?  Laasgenoemde is die hoër een van die twee.)

– Beperkte of Genomineerde bestuurders? (Mag slegs sekere persone die kar bestuur of enigeen met toestemming en ‘n geldige rybewys?)

– Tipe dekking (Omvattend, Beperk of Slegs 3de Party)

– Toelaatbare gebruik van die voertuig (Privaat, Besigheid of Professionele gebruik)

– Uitgebreide dekking (bv. 4×4 dekking)

– Addisionele dekking (Motorhuur, Krediettekort, Bande Versekering, Windskerm en Haelskade dekking)

Vergelyk Kwotasies Van

– 1st For Women

– ABSA Insurance

– Auto & General

– Centriq

– King Price

– MiWay

– New National

– Santam

– Virseker