Verlaging Van Motor Bybetaling

 

Hierdie produk bied jou die opsie om die bybetaling op jou voertuig te verlaag.

Kry gemoedsrus in die wete dat jou basiese bybetaling betaalbaar ten tye van ‘n eis, nie stremming op jou kontantvloei sal veroorsaak nie.

Jy kan die basiese bybetaling op jou motor verlaag na R1 000, R2 000 of R3 000 vir voertuie wat vir privaat doeleindes gebruik word en tot R2 000 vir besigheidsgebruik.

Alternatiewe produkte is beskikbaar om die bybetaling in sy geheel af te koop.