Motorversekeringseise

 

Wat benodig jy om ‘n motorversekeringseis in te dien by jou versekeraar of makelaar?  Die meeste versekeringsmaatskappye stipuleer dat jy hul binne 30 dae na die verlies of skade in kennis moet stel.  Indien jy sou versuim om hieraan te voldoen, kan jou eis geweier word.

Eis Na ‘n Motorongeluk

a)  ‘n Kwotasie vir herstelwerk van ‘n goedgekeurde paneelklopper.

b)  Afskrif van die bestuurder se ID en bestuurslisiensie.

c)  Polisie saaknommer.

d)  ‘n Beskrywing en/of skets van die ongelukstoneel.

e)  Besonderhede van derde partye wat in die ongeluk betrokke was.

f )  Kontakbesonderhede van ooggetuies, indien van toepassing.

Kaping / Diefstal Eise

a)  Polisie saaknommer.

b)  Beskrywing van waar en hoe die verlies geskied het.

c)  Indien opsporingstelsel geïnstalleer is, besonderhede van die opsporingsmaatskappy.  Waar ‘n rathefboomslot geïnstalleer is, moet die versekeraar voorsien word van die rathefboomslot se sleutel.

In meeste gevalle is daar ‘n wagperiode alvorens die eis geprosesseer kan word.  Gewoonlik tussen 10 en 30 dae.  Die rede hiervoor is dat die meeste gesteelde of gekaapte voertuie binne hierdie tydperk teruggevind word.  Indien daar slegs een voertuig in die huishouding is, sal dit wys wees om motorhuur op die polis by te voeg.

Dekking Wat Uitgesluit Word Op Motor Polisse

–  Bestuur sonder ‘n geldige rybewys.

–  Bestuur onder die invloed van drank of dwelms.

–  Die bestuurder se lisensie is geëndosseer.

–  Die voertuig is onpadwaardig.

–  Ongemagtigde gebruik van die voetuig.

–  Gebruik die voertuig vir enige ander doel buiten dié wat gedek word deur die polis (bv. wedrenne).

–  Gebruik die voertuig in lande wat nie gedek word onder die polis nie.

–  Enige ander uitsluitings soos gestipuleer word in die polisbewoording.