Motor Afskryf Dekking

 

Meeste versekeraars skryf ‘n voertuig af wanneer die skade meer as 70% van die voertuig se waarde beloop.

‘n Afskryf Beskermer polis verhoog die skadevlak voordat die voertuig as onekonomies-om-te-herstel gesien word deur die versekeraar.

Met hierdie tipe produk het die versekerde die opsie om te afskrywingspersentasie te verhoog na 80%, 90% of 100% van die voertuig se waarde.

Enige addisionele kostes wat aangegaan moet word om die voertuig veilig en padwaardig te maak, is nie gedek nie.