Motor Afskrywing Booster

 

Wanneer jou voertuig gesien word as ‘n afskrywing deur jou versekeraar, word jy die versekerde bedrag (soos aangedui in jou polisskedule) minus enige bybetalings van toepassing, uitbetaal.

In die geval van ouer voertuie wat in goeie kondisie was en lae kilometers op het, is hierdie bedrag gewoonlik nie genoeg om ‘n soortgelyke voertuig in dieselfde toestand te koop nie.

Dit is waar ‘n Motor Afskrywing Booster handig te pas kom.

Kies tussen ‘n 10%, 20% of 30% addisionele bedrag wat uitbetaal word in die geval van ‘n totale verlies.