Motorongelukke

 

Watter prosedures moet gevolg word wanneer jy betrokke was in ‘n motorongeluk uit ‘n versekeringsoogpunt?

Eerstens, bly kalm en stel vas of enigiemand dringende mediese aandag benodig.  Kontak die polisie en kry mediese bystand indien nodig.

Besonderhede Van Bestuurder

Indien ‘n ander voertuig/voertuie betrokke was in die ongeluk, verkry die ander bestuurders se besonderhede.  Naam, van, ID nommer, kontakbesonderhede, adres, besonderhede van sy/haar versekeraar of makelaar.

Voertuig Besonderhede

Die maak, model, kleur en registrasienommer van alle voertuie betrokke in die ongeluk.

Rapporteer Ongeluk

Indien jou voertuig steeds rybaar is, rapporteer die ongeluk by die naaste polisiestasie en maak seker jy kry ‘n saaknommer.

Insleepdiens

Bevestig dat die insleepdiens geakkrediteer en goedgekeur word deur jou versekeraar alvorens hulle jou voertuig insleep.  Bevestig ook waarheen hulle die voertuig neem asook die toepaslike kostes daaraan verbonde.

Erkenning Van Aanspreeklikheid

Moet nooit aanspreeklikheid erken op ‘n ongelukstoneel nie.  Dit kan enorme regsimplikasies inhou.  Die regsafdeling van jou versekeraar sal die aanspreeklikheid bepaal.