Ombudsman Vir Motor Versekering

 

Die Ombudsman vir Korttermynversekering bied ‘n gratis, regverdige en effektiewe dispuut oplossingsdiens aan Suid-Afrikaanse polishouers.  Daar is geen risiko aan verbonde vir ‘n polishouer met die oplossing van sy/haar dispuut met die versekeraar nie.

Die Ombudsman tree as bemiddelaar op tussen die versekerde en die versekeraar en verteenwoordig nie een van die partye nie.

Let Wel:

  • Jy moet eers ‘n klagte by jou versekeraar indien.
  • Indien jy onsuksesvol is met die klagte oplossing by jou versekeraar, kan jy die aangeleentheid na die Ombudsman verwys.
  • Besluite wat deur die kantore van die Ombudsman geneem word is bindend vir die versekeraar, maar nie vir die versekerde nie.
  • Hierdie diens is gratis vir polishouers.
  • Geen regsadvies word gegee nie.

Kontakbesonderhede Van Die Ombudsman:

011-726 8900 (T)

011-726 5501 (F)

info@osti.co.za

www.osti.co.za