Omvattende Motorversekering

 

Hierdie opsie bied die mees omvattende dekking aan polishouers op ‘n korttermynversekeringspolis.  Omvattende motorversekering bied dekking vir eie skade, 3rde party, brand, diefstal en kaping.  Indien jou voertuig gefinansier word, is jy kontraktueel daartoe verbind om jou motor omvattend te verseker vir die volle termyn van die ooreenkoms.

Dekking Sluit In Verlies Of Skade Veroorsaak Deur

– Ongelukskade aan jou voertuig wat veroorsaak was deur ‘n ander party

– Toevallige skade aan jou voertuig wat veroorsaak was deur jouself of ‘n toegelate bestuurder van jou voertuig

– Insleep en stoor van jou motor na ‘n geldige eis

– Skade aan ‘n derde party se voertuig

– Brand

– Diefstal

– Kaping